NG Naboomspruit

Liewe OUERS

Ons is verskriklik opgewonde dat julle deel is van die Odos-familie van 2019.  Hier volg net ‘n verduideliking oor ons twee nuwe toevoegings tot die Odosreeks:

Odos “app” (Lumi Say)

Die Odos ”app” is ‘n Bybelvasvra van elke les wat jy saam met jou kind elke week kan doen. 

Na die vrae is daar “Ietsie vir mamma en pappa” om jou as ouer te help om die les van die week ook prakties te maak in die kind se alledaagse lewe.

NUWE ODOS - “APP”

Hoe om die “app” af te laai (alle selfone behalwe iphone):
Gaan na “Playstore”
“Search”:  Odos
Druk op Odos: Developer Team (Die ikon is ‘n aardbol met mannetjies op)
Installeer die Odos – “App”

Hoe om die “app” op ‘n iphone af te laai:
Tik hierdie link in op jou Apple iphone “web browser”:
Na “app” geinstalleer is gaan na jou iphone se: Settings/General/ Device Management/ Trust Publisher Patcom Solutions

Wat kry julle alles op die “app”:
Vasvra: Elke les het vrae wat jy kan beantwoord om te kyk hoe goed ken jy die storie.
Kaartjies: Al die kaartjies is hier te sien.
Gesinspret: Elke les het gesinspret wat die ouers met hulle kinder 1/week kan doen.
360° videos: Die Odosspan het spesiaal in Israel 360° videos gaan opneem van soveel as moontlike Bybelse plekke. Gaan kyk elke week of jou les ‘n video het sodat jy sommer kan sien hoe lyk  dit waar Jesus en baie ander hulle voetspore gelos het. ( As jy ‘n iphone het gaan die videos ongelukkig nie 360° kan wys nie, maar jy kan dit nogsteeds kyk.)
Groepleiers: Hierdie is opleiding en ekstra lesse vir die groepleiers.
Kontak Ons: As jy n vragie het kan jy asseblief ons sommer bel of email. Ons help graag!!!
Share: Jy kan die “app” deel met al jou maaitjies.
Fan Wall: Vertel ons sommer so af en toe wat vir jou baie lekker was van die les en of jy iets geleer het wat jy nog nooit van gehoor het nie.
Facebook: Gaan kyk gereeld na ons facebook.
Kennisgewing: Bo in die linkerkantse hoek gaan jy gereeld n koevertjie sien. Maak dit oop want ons stuur vir jou ‘n spesiale boodskap oor ‘n spesiale les.

Geniet elke oomblik van jou Odos-reis!


360˚ Videos

Om vir die kind ‘n realiteitservaring te gee van die Bybelse storie het ons vir soveel as moontlik van die lesse videos geneem van die plekke waar die bepaalde storie in Israel afgespeel het. 

Hoe om die videos te kyk

1.

2.
Op die tuisblad sal daar ‘n ikoon wees “360˚Videos”.  Kliek op die ikoon.

3.
Die blad wat sal oopmaak sal opsies van Odos 1-6 gee.  Kliek op die reeks waarmee jou kind besig is.

4.
Volg die instruksies deur te kliek op die kameratjie van die les wat jou kind die Sondag gedoen het. 

5.  
Jy sal sien in die linkerkantste hoek van die video is daar ‘n ikoon wat jou toelaat om die video 360˚ in die rondte te kan draai.  As jy met jou selfoon kyk, kliek op die YOUTUBE ikoon waarna jy die video 360˚ kan kyk deur net jou selfoon te beweeg.

As daar enige vrae of probleme opduik kontak ons gerus by admin@odos.co.za  Geniet dit!!!
Die STOF-groep (Graad 7 – 12) kom Maandae om 18:00 bymekaar in die sysaal.

Kontak Ds. Andrè
vir meer inligting