NG Naboomspruit



Die NG Gemeente Naboomspruit is op 17 Junie 1939 van die moedergemeente Pietpotgietersrus afgestig. Op Sondag 25 Junie is die eerste erediens weens die afwesigheid van die konsulent behartig deur Ouderling Daniel Johannes Erasmus. Op 24 Maart 1940 is die eerste leraar Dr. Franciscus Dionysius Moorrees bevestig. Sedertdien het 'n hele aantal leraars gedeel in die bediening binne die gemeente. Op 17 Junie 2014 het die gemeente sy 75ste bestaansjaar gevier.

Ons is dankbaar oor die spore wat ons reeds kon trap en baie opgewonde oor die toekoms. Ons sien daarna uit om nog dieper spore in die gemeenskap te trap en `n verskil te maak in elkeen se lewe wat ons pad kruis. Met opgewondenheid volg ons in die voetspore van Jesus Christus ons Verlosser, en herinner ons God aan sy belofte in Jer.29:11 – “Ek weet wat Ek vir julle beplan sê die Here: voorspoed en nie teespoed nie; Ek wil vir julle `n toekoms gee, `n verwagting!”